Portfolio Gereed
Wat beteken dit?
Enige matrikulant moet besluite oor loopbaan keuses maak
Leerder wat verder wil studeer in kuns, moet vir goedkeuring 'n praktiese eksamen aflê. Daar word ook verwag dat hulle n portfolio moet indien.
Geen leerder of student hoef kuns as vak op skool te neem om in n kuns rigting te studeer.
Elke leerder moet wel n portfolio indien. En elke instansie se portfolio vereistes verskil. En n leerder moet by meer as 1 instansie aansoek doen om plek te verseker.
So leerders moet regtig hard werk om portfolios gereed te kry tesame met n intensiewe matriekjaar.
Gewoonlik moet portfolios in wees teen einde Junie.
Links na Portfolio vereistes van n paar universiteite:
Universiteit van Pretoria
https://www.up.ac.za/media/shared/95/untitled%2520folder%25201/selection-procedure-document-2020.zp187692.pdf
Universiteit van Stellenbosch
http://www0.sun.ac.za/visualarts/how-to-apply/undergraduate/
Universiteit van Potchefstroom
https://drive.google.com/drive/folders/1ysh1VuaNS7ZAdFT03ivgwTyRULo60rXA
So kan n leerder n portfolio alleen aanpak?
Enige leerder kan die portfolio doen as hulle genoegsame kennis en vaardigeid opgebou het. ‘n Leerder wat van graad 10 af gereeld kuns beoefen en kuns onderrig kry staan egter n beter kans.
Die matriekjaar is te kort om by alles uit te kom. So die klem is om so vinning as moontlik te begin.
Die hele proses om portfolio gereed te word is intensief. Maar dis ook fantasties vir elke leerder om hulle eie “stem” te ontdek. My leerders leer tegnieke, kuns reëls en kry praktiese toepassings van wat van hulle verwag word. Ek maak ook seker dat hulle verstaan wat van hulle gevra word .
Vak termes word van die begin af op klem gelê.